logo
Language: English | Afrikaans

Kagga Kamma Bergfiets

Geniet die fantastiese uitsig oor die Karoo vlaktes terwyl jy oefening kry.

“The mountains are calling and I must go.” ― John Muir

Kontak ons by Kagga Kamma

 Ja

Bergfiets


Kagga Kamma het oorgenoeg aktiwiteite om die mees avontuurlustige besoeker besig te hou. Bergfietsroetes neem besoekers op 'n asemrowende avontuur deur die unieke landskap. Ook 4x4 entoesiaste sal die onverbeterlike tonele oor die oop vlaktes, berge en valleie van die Karoo terdeë geniet terwyl hulle hulself verlustig in die verskeidenheid bokspesies, rare voëlspesies en reptiele. Vir avontuurvrate kan ons ook die Vierwielmotorfiets Safaris aanbeveel – die enigste manier om dele van die reservaat te verken wat andersins onbereikbaar is.


Kagga Kamma het twee roetes: `n 10km (rooi) en `n 30km (swart). Die roetes begin en eindig by die Ontvangs area en kronkel deur die bos. Die bergfiets roetes is 4x4 roetes en verskillende tipes terrein kom voor.


Die roete kan sanderig wees op dele maar is steeds gepas vir fietsryers met min ervaring. Die totale hoogte verskil van die roete is 300m. Fietsryers kan verwag om die roete in twee tot drie ure te voltooi. Pak gerus `n kamera in om die pragtige landskap langs die pad af te neem.


Charl Rorich het onlangs ons bergfiets roetes aangedurf, klik hier om meer te lees