logo
Language: English | Afrikaans

Ontdek En Verken Die Ryk Kultuurerfenis

Ontdek en verken die unieke San rotskuns.

"There is nothing like returning to a place that remains unchanged to find the ways in which you yourself have altered" – Nelson Mandela

Vul asseblief die vorm in vir enige navrae en ons sal u so spoedig moontlik kontak.
                        Ja

2 + 2 = *

Ryk Kultuurerfenis


Een van Kagga Kamma se mees unieke kenmerke is die San rotskuns in en om die Oord. Sommige van hierdie kunswerke is ongeveer 6000 jaar oud. Dit is egter moeilik om vas te stel presies hoe oud die rotskuns is omdat dit oor so `n lang tydperk geskep is. Ander rotskuns, wat in Namibië gevind is, en koolstoftoetse ondergaan het, is 26 000 jaar oud. Rotskuns is oor millennia gemaak tot en met die vorige eeu en sommige werke wys selfs skepe en ossewaens.


Die rotskuns in die Kagga Kamma omgewing wys dat sekere diere wat in hierdie streek voorgekom het, uitgesterf het. Sommige rotskuns beeld ook die San se geloof en rituele uit deur voorstellings van beswymingsdanse. Tydens hierdie danse sou vrouens ritmies sing en handeklap terwyl mans en toordokters hulself in `n toestand van beswyming in gedans het. Hulle het geglo dat mens kontak kon maak met die spirituele wêreld wanneer hulle in `n beswyming is en dan direk met die geeste (wat verantwoordelik is vir siekte) kon kommunikeer, om beter geneeshere te word.