logo
Language: English | Afrikaans

Grot en Hut Suites

Die ryk kultuurerfenis en die indrukwekkende uitsigte was die inspirasie agter Kagga Kamma se unieke en gemaklike verblyf.

“Buildings, too, are children of Earth and Sun.” — Frank Lloyd Wright

Kontak ons by Kagga Kamma

 Ja

"Grot" Suites

Kagga Kamma bied tien "Grot" Suites aan vir gaste om in te bly. Die "Grotte" is slim saamgestel en integreer die natuurlike sandsteen formasies met kunsmatige boumateriaal wat mooi afgerond is. Elke "Grot" is gemaklik en eenvoudig gemeubileer en het 'n terras met uitsigte van Kagga Kamma se beeldskoone terrein. Die merkwaardige en natuurlike rotsformasies wat integreer is met die nagemakte grotte, gee die gaste 'n wonderlike geleentheid om die Natuurreservaat se omgewing werklik te geniet.


Al die "Grot" Suites het dubbelbeddens, en suite-badkamers, lugversorging, haardroërs, tee/koffie geriewe, kamerjase en komplimentêre toiletware.


Hut Suites

Kagga Kamma het vyf ruim grasdak Hut Suites. Die inspirasie vir die Hut Suites kom van die grasdak wonings van die San groepe wat lank geleede in die gebied gebly het.


Elke Hut het tweelingbeddens of 'n ektra groot bed, met en suite-badkamer, bankbed, lugversorging, haardroër, tee/koffie geriewe, kamerjase en komplimentêre toiletware.


Ons gaste se gemak is ons grootste prioriteit en vir gerieflikheid het elke kamer 'n lugversorger wat warm of koel gestel kan word.


LW: Omrede dat die Oord n afgeleë bestemming is en dat Kagga Kamma met trots baie omgewingsbewus is, is sekere dienste in die akkomodasie beperk. Ons verblyf het nie telefoon of internet fasiliteite nie en ook nie selfoon opvangs nie.