logo
Language: English | Afrikaans

Kampeer Geriewe

Geniet die ongeskonde natuur van Kagga Kamma en laat avontuurlus in jou ontwaak.


“Take only memories, leave only footprints.”

– Chief Seattle

Vul asseblief die vorm in vir enige navrae en ons sal u so spoedig moontlik kontak.
                        Ja

2 + 2 = *

Kampering:

As jy kan doen met avontuur en 'n ervaring wat werklik uniek is – dan is kampering by Kagga Kamma net vir jou. Vir 'n regte natuurliefhebbers wegbreek, kies tussen Swartrug of Bobbejaanskraans Kampe.


Swartrug Kamp

Die Swartrug Kamp terrein bestaan uit vyf staanplekke wat sonder krag is. Daar is ablusie fasiliteite en 'n groot swembad vir kampeerders beskibaar. Ongeveer een en 'n half kilometers van die kamp terrein is die Restaurant, Winkeltjie en Kroeg.


Staanplek een: ‘n Maksimum van twee volwassenes per staanplek toegelaat.
Staanplek twee: ‘n Maksimum van twee volwassenes per staanplek toegelaat.
Staanplek drie: ‘n Maksimum van twee volwassenes per staanplek toegelaat.
Staanplek vier: ‘n Maksimum van vier volwassenes per staanplek toegelaat
Staanplek vyf: ‘n Maksimum van vier volwassenes per staanplek toegelaat


Bobbejaanskraans Kamp

Hierdie kampterrein is slegs met vierwiel-aangedrewe voertuie bereikbaar. Die Kampterrein bied die perfekte wegbreek vir gaste wat werklik die ongeskonde wildernis van Kagga Kamma wil ervaar. Bobbejaanskraans Kamp het geen aangewese staanplekke, elektrisiteit of ablusie fasiliteite nie.


Waterhouers (50 liter) is gratis beskikbaar teen `n deposito van R100. Gaste is ook welkom om hul eie houers te bring. Moet asseblief geen hout wat op die terrein voorkom by die kampplek gebruik nie. Vuurmaakhout en ys is te koop by Ontvangs. Ongelukkig is daar geen afleweringsdienste beskikbaar nie. Neem asseblief kennis dat Restaurant besprekings ‘n dag vroegtydig gemaak moet word.

 

Besprekings Noodsaaklik.