logo
Language: English | Afrikaans

Natuurritte

Beleef die unieke plant- en dierelewe wat in die streek voorkom saam met ons kenners.

“All my life through, the new sights of Nature made me rejoice like a child.” – Marie Curie

Kontak ons by Kagga Kamma

 Ja

Natuurritte

Droë Fynbos en Karoo vetplante verskaf weiding vir die diere in hierdie Westelike deel van Suid Afrika. Kagga Kamma gidse vat gaste op natuurritte waar pragtige besienswaardighede oor die Ceres Karoo en Cederberge geniet kan word. Daar word oggend- en aandritte aangebied om soveel as moontlik van die verskeidenheid dier- en plantspesies en natuurskoonte sien wat op die 15000ha Kagga Kamma terrein voorkom.


Volstruise en bokspesies is algemeen te siene by Kagga Kamma maar gaste kan ook rooikatte, jakkalse of selfs `n luiperd sien as hulle gelukkig is. Op natuurritte sal gidse ook interessante voëls, reptiele en plantspesies uitwys. Hierdie rit tussen die indrukwekkende rotsformasies is beslis `n verrykende belewenis en kweek `n diep waardering vir die omgewing by ons gaste.