logo
Language: English | Afrikaans

Meer Oor Ons

Kagga Kamma is die perfekte bestemming vir natuurliefhebbers en het verskeie akkommodasie opsies om van te kies.

"Explore. Dream. Discover." — Mark Twain

Kontak ons by Kagga Kamma

 Ja

Meer Oor Ons


Kagga Kamma is gevestig in die onbewoë wildernis van die Swartruggens gebied – wat in die Cederberge geleë is. Die Natuurreservaat het verskeie unieke akkommodasie opsies om van te kies. Met asemrowende natuurtonele, merkwaardige rotsformasies, die buitengewone erfenis en rotskuns van die San groep, die indrukwekende fauna en flora en natuurlik die onvergeetlike naghemel – is Kagga Kamma ’n natuurliefhebber se droom bestemming.

 

In 2013, het Kagga Kamma die RCI Groen Toekening vir die installasie van `n Fotovoltaïse Sonkrag Energie sisteem gewen. Díe sisteem verskaf daagliks omgewingsvriendelike krag aan die hele Oord. Hierdie sisteem verminder die Oord se koolstof voetspoor aansienlik.


Lees meer oor Kagga Kamma en die omliggende omgewing: