logo
Language: English | Afrikaans

Rotswand - Opelug Kamer

Slaap onder die Melkweg en in die natuur.


“Now I see the secret of the making of the best persons: It is to grow in the open air and to eat and sleep with the earth.” — Walt Whitman

Kontak ons by Kagga Kamma

 Ja

Rotswand Opelug Buite Kamer

Verbeel dat jy onder die Melkweg, wat jou enigste plafon is, slaap. Die gekef, geklets en nag geluide van Kagga Kamma, met die natuur wat jou omring. Kagga Kamma bied die buitengewone ervaring met die gemak van 'n dubbelbed en die gerief van basiese badkamer fasiliteite aan. As die weer gunstig is kan gaste hierdie idielse Opelug Kamer geniet. Die Rotswand Kamer is taamlike vêr van die Lodge en met die Natuurreservaat se meestal wolklose hemelruim kan gaste die uitkyk geniet langs 'n smeulende vuurtjie.


Die kamer se romantiese en beeldskoone uitkyk oor die asemrowende Cederberge maak dit die perfekte wegbreek vir paartjies tydens hul wittebrood.

Rotswand opelug Menu - {Laai af}

Neem Kennis
Kagga Kamma se veldgids sal u 17:00 na die Opelug Buitekamer neem. Ongelukkig sal geen vervoer later as 17:00 beskikbaar wees nie.
Daar is geen selfoon opvangs of Wi-Fi beskikbaar by die Opelug Kamers nie.
Plaas asseblief u kosbestelings voor 14:00 by Ontvangs.
Neem warm klere saam, dit kan koel word in die aande.
Die vierwielmotorfietse word slegs gebruik vir vervoer, van en na die Opelug Kamers. Dus word geen nagritte toegelaat nie.
Neem asseblief kennis dat die Skemerdrankie Toer, Laatnag Natuurrit of Sterrekyk Toer nie moontlik sal wees as u een van die Opelug Kamers beskpreek het nie.
Geen kinders word toegelaat nie.
Kansellasie beleid van toepassing.