logo
Language: English | Afrikaans

Rots-blok Klim en Rotsklim

“Every hundred feet the world changes” ― Roberto Bolaño

    Blus jou avontuurlus.

Vul asseblief die vorm in vir enige navrae en ons sal u so spoedig moontlik kontak.
                        Ja

2 + 2 = *

Rots-Blok Klim en Rotsklim by Kagga Kamma


Kagga Kamma Natuurreservaat bied 'n unieke ervaring vir rotsklimmers aan. Die Cederberg gebied het asemrowende fynbos vlaktes en merkwardige rotsformarsies wat goeie uitdagings vir klimmers bied. Daar is verskillende rotsklimstyle beskikbaar by Kagga Kamma, noemlik tradisionele rotsklim, sport rotsklim (met behulp van toerusting soos boute) en rotsblok-klim ("bouldering").


Sport Klim en Tradisionele Rotsklim
Sport rotsklim en tradisionele rotsklim is by Kagga Kamma vir die meer avontuurlustige gaste beskibaar. Albei soorte rotsklim is by die Kagga Kamma Crag en die Vier Kilometer Staproete bekombaar. Tans is daar sewe geboute klimroetes by Kagga Kamma beskikbaar. Rotsklimmers kan die middelgrootte –tog goeie gehalte kranse uiklim en geniet. Terselfdetyd kan die klimmers op die aswemrowende valleie en ruigtes van Kagga Kamma uitkyk. Op die oomblik is die geboute roetes tussen 20 -24 gegradeer volgens moelikheidsgraad.

 

Neem asseblief kennis: rotsklim by Kagga Kamma is nie n begeleide aktiwiteit nie. Klimmers moet asseblief hulle eie klimtoerusting bring. Klimpermitte is by navraag beskikbaar.

Rotsblok-Klim
Rotsblok-klim ook bekend as "bouldering" is by Kagga Kamma 'n buitengewone ervaring. Rotsblok-klim is 'n klimstyl sonder toue – die rotsklimmer seil teen die rotswand uit met valmatte onder hulle. Daar is meer as 'n 100 klimprobleme en rotswande om van te kies. Klimmers kan klim, dwarsklim, en klouter oor die sandsteen en kwartsiet rotsblokke in die wondermooi omgewing. Tans word die klimprobleme by Kagga Kamma gegradeer volgens 3 tot 7C moeliksheidsgraad.


Vir meer inligting oor rotsblok-klim by Kagga Kamma kan u "A Guide to Bouldering at Kagga Kamma" aflaai. (Laai hier af)