logo
Language: English | Afrikaans

Reptiele

Ons bied jou die geleentheid om meer te leer oor hierdie fassinerende reptiele, in `n veilige omgewing.

“Delight in the beauty that surrounds you”. – Unknown

Kontak ons by Kagga Kamma

 Ja

Slange


Opvoedkundige praatjies oor die slange en ander reptiele wat in die omgewing gevind kan word, word deur ons Hoof Veldgids, Nicholas van Zyl, aangebied. Nicholas is opgelei om wilde slange te hanteer en het `n passie vir díe diere van Kagga Kamma deel.


Kagga Kamma het geen slange in aanhouding nie maar sou Nicholas `n slang naby die oord kry wys hy dit graag vir gaste wat belangstel waarna hy dit ver weg van die oord af vrylaat. `n Verskeidenheid slange kan ook op die oord se begeleide toere gesien word. Gaste kan daarna uitsien om díe fassinerende reptiele beter te leer ken in `n veilige omgewing.


Reptiele van die Cederberg sluit in:

 

 

Algemene Naam Wetenskaplike naam
 
Rooipens Skilpad Chersina angulata
Ietermago gordelakkedis Ouroborus cataphractus
Bibron se diktoongeitjie Chondractylus bibronii
Swartspeogkobra Naja nigricincta woodi
Boomslang Dispholidus typus
Geelslang, Kaapse Kobra Naja nivea
Koraalslang Aspidelaps lubricus
Kaapse pootlose gladde skink Acontias meleagris meleagris
Karoo Sandakkedis Pedioplanus laticeps
Cedarberg Pigmeegeitjie Goggio hexapora
Dwergpantserakkedis Cordylosaurus subtessellatus
Grasieuse kransakkedis Pseudocordylus capensis
Horingadder Bitis caudalis
Karro Dwergverkleurmannetjie Bradypodion karooicum
Karoo-gordelakkedis Cordylus polyzonus
Karoo-sweepslang Psammophis notostictus
Kruismerksweepslang Psammophis crucifer
Karoo Panserakkedis Gerrhosaurus typicus
Geoogde Geitjie Pachydactylus geitjie
Pofadder Bitis arietans
Rooi adder Bitis rubida
Suidelike skurwe geitjie Pachydactylus formosus
Slanke draadslang Leptotyphlops gracilior
Suidelike rotskoggelmander Agama atra
Gevlekte skaapsteker Psammophylax rhombeatus
Gespikkelde rotsslang Lamprophis guttatus
Sundeval se graafneusslang Prosymna sundevallii
Bont gladde akkedis Mabuya variegata variegata
Westlike rots gladde akkedis Mabuya sulcata
Westelike sandveldakkedis Nucrus tessellata