logo
Language: English | Afrikaans

Ster Suite - Opelug Kamer

`n slaapkamer onder die sterre.


"If you truly love Nature, you'll find beauty everywhere "- Van Gogh

Kontak ons by Kagga Kamma

 Ja

Ster Suite - Opelug Kamer

Kagga Kamma bied nou n splinternuwe, natuurlike Opelug Buite Kamer vir gaste aan – die Ster Suite. Die kamer wat drie kilometer van die Lodge is, is omring met asemrowende rotsformasies en kyk op uitsonderlike fynbos vlaktes uit.  By die nuwe Opelug Kamer, kan jy en jou geliefde heeltemal julself in die natuur uitleef.

 

Verwonder in die klanke van Kagga Kamma – die gekef van jakkalse, die geklets van voëltjies en die hyg van die wind wat om die rotswande waai. Die hoogtepunte – die Melkweg wat glinster en skitter bo julle koppe en natuurlik die ontsagwekkende Afrika son wat voor julle oë sak en opkom. Tersyde dat die nuwe Opelug Kamer omring is met n natuurreservaat en ‘n buitelug  avontuur bied, het dit nogsteeds die geriefshalwe van n suite – koningingrootte bed, bad onder die sterre, private rotspoel plus ander gerieflikhede.

 

Addisionele Glanspunte

Buitelig Stort

Geniet ’n verfrissende stort in die buitelig onder die son of sterre, met ’n panoramiese uitkyk van Kagga Kamma se vlaktes.


Ster Bad

Geniet ’n bad onder die asemrowende hemelruim – met geen mure of dakke om die uitsig te beperk nie.


Private Rotspoel

Dink net hoe romanties dit sal wees om jou eie privaat en natuurlike rotspoel met jou geliefde te deel!



'n Nag by die Ster Suite - wat kan jy verwag? - {Laai af}

Ster Suite Menu - {Laai af}

Kagga Kamma Vinnige Feite - {Laai af}


Neem Kennis
Kagga Kamma se veldgids sal u 17:00 na die Opelug Buitekamer neem. Ongelukkig sal geen vervoer later as 17:00 beskikbaar wees nie.
Daar is geen selfoon opvangs of Wi-Fi beskikbaar by die Opelug Kamers nie.
Plaas asseblief u kosbestelings voor 14:00 by Ontvangs.
Neem warm klere saam, dit kan koel word in die aande.
Die vierwielmotorfietse word slegs gebruik vir vervoer, van en na die Opelug Kamers. Dus word geen nagritte toegelaat nie.
Neem asseblief kennis dat die Skemerdrankie Toer, Laatnag Natuurrit of Sterrekyk Toer nie moontlik sal wees as u een van die Opelug Kamers beskpreek het nie.
Geen kinders word toegelaat nie.
Kansellasie beleid van toepassing.