logo
Language: English | Afrikaans

Tuis

Welkom by Kagga Kamma – 'n Natuurreservaat wat diep in die onbewoë Cederberge gevind word.

Die unieke bestemming is ver van die stads liggies en met dramatiese rotsformasies, fynbos-vlaktes en verstommende uitkyke, is Kagga Kamma 'n droom bestemming vir natuurliefhebbers.

Kontak ons by Kagga Kamma

 Ja

Asem suiwer-vars lug in en geniet die vreedsame atmosfeer van die Reservaat. Kagga Kamma bied gaste asemrowende natuurskoon, rustigheid en absoluut unieke verblyf keuses aan. Die restaurant bied goeie Suid Afrikaanse geregte aan en die toere en aktiwiteite is fassinerend en interessant.

Die Cederberg gebied het wildernis wat soortgelyk aan die Karoo is en met die mooiste veldblomme en wesentjies, is die bestemming heeltemal ongeëwenaard. Kies tussen ons unieke akkommodasie opsies – "Grot" Suites, Ster Suite, Rotswand Opelug Buite Kamer en ons groot Hut Suites.

Kagga Kamma Natuurreservaat het merkwaardige en interessante ekskursies soos die Rotskuns Toer, begeleide Natuuritte, Vierwielmotorfiets Safaris, Voetslaanpaaie, Sterrekyk Toer en Bergfiets Roetes. Gaste kan langs Kagga Kamma se swembaddens lê en die sonnetjie geniet en later die asemrowende sonsak ervaar met n skemerdrankie. Kagga Kamma Spa bied gaste die kans om te onstpan, verjong en saam met die indrukwekkende uitsigte, is die Natuurreservaat die perfekte wegbreek plek.


Kagga Kamma nooi jou om terug te sit, te onspan en die natuurskoon in te neem.

Heerlike à la carte etes en 'n lekker kuier kroeg.

 


Historiese Boesman leef areas word gevind reg oor die Kagga Kamma Natuur Reservaat.