logo
Language: English | Afrikaans

Tyddeel Akkomodasie

“Lose yourself in nature and find peace.” – Unknown

Kontak ons by Kagga Kamma

 Ja
RCI

Kagga Kamma is aangewys as die RCI Top Gasvryheid Oord, RCI Uitstekende Diens  in Gasvryheid en RCI Gasvryheid status. Hierdie besondere prestasies verteenwoordig die hardewerk en toewyding van die Kagga Kamma span.


Tyddeel Akkommodasie                                                     



Rus Kamp

(Slegs beskikbaar vir Tyddeel Eienaars; DAE of RCI uitruilings en TradeUnipoint.com verhurings - onderhewig aan beskikbaarheid.)


6 Slaper Chalet:
3 slaapkamers wat slaapplek het vir 6 volwassenes (eerste badkamer het 'n stort, toilet en wasbak, tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak).

8 Slaper Chalet:
3 slaapkamers en 1 bankbed. Slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders (eerste badkamer het 'n stort, toilet en wasbak, tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak)


Elke Chalet het 'n private boma wat uitkyk op die beeldskone vlaktes van Kagga Kamma – 'n perfekte plek om die sonsondergang te beskou. Eenhede word daagliks skoongemaak (behalwe op Sondae) en `n mandjie vuurmaakhout word voorsien vir `n gesellige familie braai. Vuurmaakhout en ys is te koop en kan afgehaal word by Ontvangs. Ongelukkig bied ons geen afleweringsdienste nie.

 

Besoek gerus die Restaurant en Kroeg. Neem asseblief kennis dat Restaurant besprekings ‘n dag vroegtydig gemaak moet word.


Fasiliteite:


Kombuis:
Eetgerei, Breekware, Oond en Stoof, Yskas, Vrieskas, Ketel, Mikrogolf en Broodrooster.

Braai:
Binnenshuise Vuurmaakplek/ Braai, Buite Boma en Braai Area, Braaitang en Rooster.

Algemeen:
Handdoeke, Linne, Nood Kruideniersware is Beskikbaar.


Aktiwiteite en Ekskursies

 

•  Rotskuns Toer

•  Oggend Natuurrit

•  Skemerdrankie Toer

• Laatnag Natuurrit

•  Sterrekyk Toer

•  Vierwielmotorfiets Safari


Gaste kry 30% afslag op alle eksursies (Sluit Sterrekyk Toer uit en Vierwielmotorfiets Safari).

Kagga Kamma is bereikbaar sonder vierwiel-aangedrewe voertuie maar Natuurritte in die Oord mag slegs aangepak word in 4x4's of in begeleide toervoertuie. Neem asseblief kennis dat daar geen selfoon ontvangs op Rus Kamp eenhede is nie.