logo
Language: English | Afrikaans

Verken Die Unieke Wildernis

Die San groep het vir eeue lank in die Swartruggens gebied gewoon – dus is die gebied ryk in kultuur en geskiedenis.

“The earth has music for those who listen.” ― George Santayana

Kontak ons by Kagga Kamma

 Ja

Verken Die Unieke Wildernis


Kagga Kamma is in die suid-oos gebied van die Cederberge, in die Swartruggens streek geleë. Vir eeue lank het die San groep in hierdie area, wat meestal boomloos is, gebly. Kagga Kamma se buitengewoone uitsigte bestaan uit rooi-bruin sandsteen rotsformasies en verskillende soorte fynbos en struike wat oor die vlaktes gestrooi is. Onder andere is daar Kakiebos, Klaaslouwbos, Koringbos, Renosterbos, Sneeubos, Wolwedoring, Taaibos en Skilpadbessie. Sommige Protea spesies kom ook in die hoër gedeeltes van Kagga Kamma voor.

 

Kagga Kamma het 'n groot verskeidenheid wilde diere en wildsbokke. Van die bokke by die Reservaat is daar Eland, Gemsbok, Swart Wildebees, Blou Wildebees, Bontebok, Springbok, Vaalribbok, Duiker, Klipspringer en Steenbok. Die Bontkwagga word ook dikwels gesien.

 

Kleiner soogdiere wat baiemaal voorkom sluit Dassie, Kleingrysmuishond, Rooiklipkonyn, Vlakhaas en Stinkmuishond in. Die Aardwolf, Erdvark, Swartrug Jakkals, Rooikat, en Ystervark is van die grooter inwooners wat baie belangstelling opwek. Die enigste groot karnivoor by Kagga Kamma is die Luiperd wat meestal onopsigtelik rondsluip. Die Luiperd wat bittermin gesien word kan met n beweging-sensor kamera aanskou word. Die Natuurreservaat se gekwalifiseerde gidse hou ook die Luiperd se spoore en beweegings dop.

 

Die Nattuureservaat het taamlik baie voël soorte. Op die oop vlaktes kan mens Volstruise en Gompoue sien. Nader aan die Lodge is daar Kaapse Tiptolle, Hoëveldklappertjies, Gewone Sproeie en Gewone Kwikkies. Daar is 'n volledige Kagga Kamma Voëllys beskikbaar – onder andere is daar Windswael, Kopereend, Kransrooivalk en Bleeksing Valk op die lys.


Laai die KAGGA KAMMA diere lys hier af:
Kagga Kamma Soogdier Lys
Kagga Kamma Reptiel Lys
Kagga Kamma Voël Lys